WIE WEET MISKIEN HOU
JY OOK DAARVAN.
Op Kovsie kampus praat almal
daarvan. Dit is pragtig, sag op die oog,
jonk, souterig, vrolike kleure, soms effe kleur andersins bont. Almal wat dit dra, skaterlag van jonkgheid en
die helder klere laat die student blom.
Wat kan dit wees? Watter jaar was dit die mode? Is dit ‘n duur artikel? Kan mens dit self maak? Of is dit net op die winkel rakke?
Dit is die nuutste neiging en mode op
kampus. Soos almal weet, herhaal modes
gereeld. Soms kan ‘n tydperk van 15 of
20 jaar verloop, of soms nog langer, maar op ‘n dag is dit weer die mode
waarvan almal praat!
In die hippie era was dit mode, in
die 1960’s. Dit is niks anders as raffia
skoene nie. Die raffia skoene kan uit
krale, blinkertjies, gebreide patrone, die mooiste raffia gekleurde patroon
style, en natuurlik sool-loos skoene bestaan.
Die patroon style kan wissel van sirkels, driehoeke, reguit en gevleg. Raffia skoene is op winkel rake beskikbaar en
kan deur die gretige person self gemaak word.
Die interesantste feit oor raffia
skoene, buiten dat dit bekostigbaar is, is dat dit baie gesond vir die persoon
is wat met voet swamme sukkel. Vars lig
en son is baie belangrik vir gesonde voete, want blootstelling aan son verskaf
vitamien D.
Ook het soveel dames studente die
mode as hulle eie aan geneem, by elke sokkie of inter met ‘n manskoshuis word
daar noukeurig beplan watter kleur raffia lint by die uitrusting gaan pas. Met
rede, om die jong spiertier se hart effe vinninger te laat klop.
So voor jy weer dink om daardie ou
stewels aan te trek en toe-skoene deur die lewe te gaan, dink weer. Durf eerder
die kaalvoet pad aan en versier jou voetjies met ietsie mooi vir die oog. Wie
weet miskien vind jy en jou droomman liefde met die eerste voetslag…
Komentaar van leerders op kampus self:
Comments
Post a Comment