Wie is Karlin?
Dis die een vraag wat ek myself al menigte male gevra het, “Wie
is Karlin?”. Well, om met jou dood eerlik te wees…
Ek is ‘n baie vriendelike en opregte mens, met onbeperkte deernis vir my medemens, sowel as begrip, insig en uiststekende waarnemings vermoë om ‘n situasie op te som en dien ooreenkomstig vinning op te tree. Alhoewel ek ‘n ekstrovert is, hou ek van my privaatheid na ure. Terwyl ek bedags ‘n joernalis is, is ek daar vir die lesers om die waarheid te openbaar en om die onbekende tot op die been oop te vlek. Dit is vir my ontsettend belangrik dat die lesers my vertou ten opsigte van bekendmaking van inligting. Lesers wat genot uit my skrywe put, sal dus altyd terug kom vir die opvolgende boeiende nuus.
‘n Paar interessante feite oor myself en wat niemand al dag van
weet nie is dat my familie vir my baie belangrik is. My liefde vir my mense is onbeperk. Hulle het
my geslyp in die persoon wat ek vandag is, die passie vir lewe wat ek het, die klein
gewoontes en al die dinge waarvan ek hou. Musiek, dans, stap toere, sosiale byeenskomste
soos “Inni Bos” wat jaarliks in Nelspruit gehou word is maar bietjie druppels
in die emmer. My ander groot liefde is vir diere. As kind het ek omtrent elke dier waaraan jy
kan dink in ons tuin gehad. ‘n Klein dieretuin as jy my vra;) My grootste afkeur is as kinders of diere
mishandel word. Onmenslikheid kan ek nie
verdra nie.
In die lewe loop drome en vrese soms hand aan hand. Drome kan in ‘n oogwink verander en dan staan
jou grootste verse voor jou. Soms kan
jou grootste drome wat al besig was om te verwesenlik in die grootste nagmerrie
ontaard. My grootste droom is om die beste joernalis te kan wees. En daarom vir
my as persoon is dit belangrik om altyd aan te hou en nooit op te gee nie. Ek
is bang vir geen uitdaging!
Ter afsluiting kan ek met trots se dat dit fantasties is om
iemand te wees wat ‘n verskil in mense se lewens wil maak. En ek sal elke dag probeer
streef daarna. So ja dit is al wat ek het en nou weet jy wie is Karlin.
Comments
Post a Comment