VRYHEID IS
VERANTWOORDELIKHEID.
In vandag se lewe is daar verskillende
aspekte van persoonlike, en sosio-politieke vryhede wat as “Menseregtedag” op
21 Maart en “Vryheidsdag” op 27 April gevier word, - waar dit saamgebind is in
ons Suid-Afrikaanse grondwet. Die
samebinding is ons aller belangrikste “Handves van Regte”, waarvan Vryheid en
sekerheid van ‘n persoon en reg op liggaamlike en sielkundige integriteit, vir
my as joernalis meer uitstaan bo die ander.
Met die regte is ‘n joernalis se eie
mening, en emosionele gevoel ten opsigte van ‘n gebeurtenis, nie toelaatbaar nie.
En ook moet ‘n joernalis altyd die waarheid, die werklike stand van sake en
inligting wat relevant is weergee. Dit
is ‘n joernalis se reg en verantwoordelikheid.
Met betrekking tot die reg van Vryheid
en sekerheid van ‘n persoon is dit so maklik om ‘n persoon van sy vryheid te
ontneem, daarom mag geen persoon van sy vryheid ontneem word sonder
gegronde rede of sonder ‘n hof uitspraak nie.
Dit is my as joernalis se reg en verantwoordelike plig om toe te sien
dat deur my daaglikse publikasies, ek nie mense ontneem van hul vryheid nie,
maar liewer om dit privaat te hou tot die persoon reg is om dit met die publiek
te deel.
Alle persone het die reg om vry te wees van
openbare of private geweld en met my artikels oor geweld sal ek dit duidelik
maak wie om te kontak vir hulp wanneer geweld uitbreek. Geen person mag op enige wyse gemartel word
nie. Dit is ook my reg en verantwoordelikheid as joernalis dat geen persoon op
‘n wrede, onmenslike of vernederinde wyse behandel of gestraf word nie. Met dit sal ek seker maak dat almal gelyk
hanteer word ongeag hulle foutiewe dade, tot hoër magte die geskikte straf toe dien.
Met dit volg die reg op
liggaamlike en sielkundige integriteit van elke person. Dit is my plig, en
verantwoordelikheid as joernalis om feite ten opsigte van individue se besluit oor voortplanting wat
geneem is in ag te neem, maar om die gevolge van die aksies aan hulle bekend te
maak. Om die regte en verantwoordelikhede van ‘n individu weer te gee ten
opsigte van sy reg van sekerheid en die beheer oor sy eie liggaam is dit
belangrik om as joernalis dit met hulle te deel en inligting deur te gee wat
bewus maak daarvan. Die reg om nie
sonder ‘n persoon se ingeligte toestemming aan mediese of wetenskaplike
eksperimente te doen, maar om toestemming te vra oor ‘n sekere saak voordat ek
dit aan die publiek openbaar maak en as toestemming nie verkry word nie, te
fokus op ‘n ander onderwerp.
Ten slotte, daarom is
dit belangrik om jou plek as individu te ken in die samelewing en ook te weet
dat dit jou verantwoordelikheid is om nie jou regte en die van ander persone te
misbruik nie, maar om eerder almal in ag
te neem wanneer aksie geneem word en die mees geskikte manier gebruik om die
situasie te hanteer.
Comments
Post a Comment