Skip to main content

Posts

Wat dink jy? Robert Gabriel Mugabe is 21 Februarie 1924 gebore.  Hy het grade verwerf en in die 1950’s was hy ‘n onderwyser. Gedurende 1963 was hy ‘n mede stigter van ZANU.  Tydens sy terug keer na Rhodesia in 1964 is hy gearresteer en was vir 10 jaar in die tronk.  Hy was ‘n politiekie gevangene onder Ian Smith se regering.  Gedurende sy 10 jaar in die tronk het hy verskeie grade verwerf.  Mogabe is 1974 vrygelaat uit die tronk en die ZANU-PF gelei. Mugabe is as die eerste minister van Zimbabwe gekies 1980.  Na sy termyn verstryk het, is Mugabe verkies as uitvoerende president in 1987.   In 1993 het Mugabe gedreig om blanke boere se grond te onteien, waar die boere dan daarna terug gedeporteer sou word na swart Zimbabwe.  Mugabe het in die jaar 2000 blanke boere instruksie gegee om hul plase te verlaat en op te gee.  Die landbou produksie het skerp gedaal, en die ekonomiese toestand het baie versleg  na die boere hul plase o...
Recent posts

Wie weet miskien hou jy ook daarvan.

WIE WEET MISKIEN HOU JY OOK DAARVAN. Op Kovsie kampus praat almal daarvan.  Dit is pragtig, sag op die oog, jonk, souterig, vrolike kleure, soms effe kleur andersins bont.  Almal wat dit dra, skaterlag van jonkgheid en die helder klere laat die student blom. Wat kan dit wees?  Watter jaar was dit die mode?  Is dit ‘n duur artikel?  Kan mens dit self maak?  Of is dit net op die winkel rakke? Dit is die nuutste neiging en mode op kampus.  Soos almal weet, herhaal modes gereeld.  Soms kan ‘n tydperk van 15 of 20 jaar verloop, of soms nog langer, maar op ‘n dag is dit weer die mode waarvan almal praat! In die hippie era was dit mode, in die 1960’s.  Dit is niks anders as raffia skoene nie.  Die raffia skoene kan uit krale, blinkertjies, gebreide patrone, die mooiste raffia gekleurde patroon style, en natuurlik sool-loos skoene bestaan.  Die patroon style kan wissel van sirkels, driehoeke, reguit en gevleg.  Raffia skoene...

Vryheid is verantwoordelikheid.

VRYHEID IS VERANTWOORDELIKHEID. In vandag se lewe is daar verskillende aspekte van persoonlike, en sosio-politieke vryhede wat as “Menseregtedag” op 21 Maart en “Vryheidsdag” op 27 April gevier word, - waar dit saamgebind is in ons Suid-Afrikaanse grondwet.  Die samebinding is ons aller belangrikste “Handves van Regte”, waarvan Vryheid en sekerheid van ‘n persoon en reg op liggaamlike en sielkundige integriteit, vir my as joernalis meer uitstaan bo die ander. Met die regte is ‘n joernalis se eie mening, en emosionele gevoel ten opsigte van ‘n gebeurtenis, nie toelaatbaar nie. En ook moet ‘n joernalis altyd die waarheid, die werklike stand van sake en inligting wat relevant is weergee.  Dit is ‘n joernalis se reg en verantwoordelikheid.   Met betrekking tot die reg van Vryheid en sekerheid van ‘n persoon is dit so maklik om ‘n persoon van sy vryheid te ontneem, daarom mag geen persoon van sy vryheid ontneem word sonder gegronde rede of sonder ‘n hof uitspraak nie...
Kampus –uitdagings: ‘n Paar oplossings Die gebeur van die laaste semester by Kovsies gedurende 2016, is werklik betreurenswaardig. Waar Kovsies jaarliks met uitstekende resultate uitgeblink het, en een van die gewildste universiteite was, het gebeurlikhede ‘n wrang smaak in almal se monde gelaat.   Huidiglik is daar net een weg, en dit is probleme  moet so opgelos word, dat versoening en vreedsame allerdaagse lewenswyse weer moontlik is by Kovsies. Om meer sekuriteit op die kampus daagliks op ‘n permanente basis te ontplooi, sal dat alle studente veiliger voel.  Die student wat beplan om moeilikheid te maak sal twee keer dink.  Die sekuriteit kan selfs toegerus wees met ”pepper spray” en knuppels, wat in nood situasies gebruik kan word om doeltreffende beheer van die groepe wat moeilikheid maak / in opstand is, en wat plunder en eiendom beskadig, te kry. Daar kan self spasies aan die polisie toegeken word, wat onmiddelik kragtiger kan optree. So kan d...
Wie is Karlin? Dis die een vraag wat ek myself al menigte male gevra het, “Wie is Karlin?”. Well, om met jou dood eerlik te wees… Ek is ‘n baie vriendelike en opregte mens, met onbeperkte deernis vir my medemens, sowel as begrip, insig en uiststekende waarnemings vermo ë om ‘n situasie op te som en dien ooreenkomstig  vinning op te tree.  Alhoewel  ek ‘n ekstrovert is, hou ek van my privaatheid na ure. Terwyl ek bedags ‘n joernalis is, is ek daar vir die lesers om die waarheid te openbaar en om die onbekende tot op die been oop te vlek.  Dit is vir my ontsettend belangrik dat die lesers my vertou ten opsigte van bekendmaking van inligting.  Lesers wat genot uit my skrywe put, sal dus altyd terug kom vir die opvolgende boeiende nuus. ‘n Paar interessante feite oor myself en wat niemand al dag van weet nie is dat my familie vir my baie belangrik is.  My liefde vir my mense is onbeperk. Hulle het my geslyp in die persoon wat ek vandag is, die passie...