Kampus –uitdagings: ‘n Paar oplossings Die gebeur van die laaste semester by Kovsies gedurende 2016, is werklik betreurenswaardig. Waar Kovsies jaarliks met uitstekende resultate uitgeblink het, en een van die gewildste universiteite was, het gebeurlikhede ‘n wrang smaak in almal se monde gelaat. Huidiglik is daar net een weg, en dit is probleme moet so opgelos word, dat versoening en vreedsame allerdaagse lewenswyse weer moontlik is by Kovsies. Om meer sekuriteit op die kampus daagliks op ‘n permanente basis te ontplooi, sal dat alle studente veiliger voel. Die student wat beplan om moeilikheid te maak sal twee keer dink. Die sekuriteit kan selfs toegerus wees met ”pepper spray” en knuppels, wat in nood situasies gebruik kan word om doeltreffende beheer van die groepe wat moeilikheid maak / in opstand is, en wat plunder en eiendom beskadig, te kry. Daar kan self spasies aan die polisie toegeken word, wat onmiddelik kragtiger kan optree. So kan d...